Z is vir Zackie 9 - Die dieretuin - Ouderdomsgroep 6 - 9
R 80
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers - en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!
Vandag is 'n spesiale dag.
Zackie se klas gaan dieretuin toe!
Hulle kan nie wag om die leeus, olifante, apies en ander diere te sien nie.
Maar Anton gaan ook saam.
Anton is 'n boelie.
Hy hou vreeslik baie van spog.
En hy gaan sy bes probeer om almal se dag te bederf.
Customer reviews
No reviews yet.