Wreed en mooi is die dood
R 270
Met bydraes deur top Afrikaanse skrywers - deur hul diep persoonlike verhale oor verlies en heling te deel, bied die bydraers onbewustelik ook raad vir hoe om die hartseer van 'n geliefde se dood te verwerk en hoe om jou eie sterflikheid te konfronteer. So vertel Marita van der Vyver van haar babaseun se dood, terwyl Valda Jansen beskryf hoe sy lamgelê is deur die nuus dat sy kanker het en Kerneels Breytenbach deel sy ervaring van eensaamheid na sy vrou se dood. 'n Paramedikus beskryf sy daaglikse ontmoetings met die dood, daar is 'n lys van dinge wat 'n mens vir 'n sterwende moet sê en nie moet sê nie en ook 'n bespreking van die rituele om die dood. Daar is soms selfs 'n bietjie humor...
Customer reviews
No reviews yet.