Weg is nie 'n plek nie Santie van der Merwe

Weg is nie 'n plek nie Santie van der Merwe

R 270

Natasja se hart is in stukke.
Johnny het haar, ná alles waardeur hulle is, weer in die steek gelaat. En nou, ná 'n baie lang nag al die pad van Kaapstad, bevind sy haar op die snelweg in die verre noorde, met al haar aardse besittings agter in haar kar.
Eers nadat sy op die N18 afgedraai het en sy die bordjie opmerk, onthou Natasja: George, haar pa se boesemvriend, woon nog hier op Lelievlei. Miskien moet sy soontoe mik en gaan aanklop, al is dit uit die bloute? Sy is doodmoeg, verward en verslae. As sy net 'n rukkie kan rus, sal sy dalk helderheid kry oor haar eie pad vorentoe.
Maar wat op Natasja wag anderkant die deur van 'n vervalle huis in 'n verlate klein dorpie, sou sy nooit kon raai het nie. En nog minder hoe hierdie besoek aan Lelievlei beide haar én George se lewe onherroeplik sou verander.
In dié aangrypende roman herinner Santie van der Merwe ons weer hoe die liefde ons almal raak, en dat verlies soos 'n kooltjie bly smeul en onverwags weer kan vlamvat. Maar soms, soos in Weg is nie 'n plek nie, skenk die heelal vir 'n mens 'n moederfiguur wanneer jy dit die nodigste het. '

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp