Wanneer die krieke stil word Petro Kotze-Odendaal Nie-fiksie
“Petro se verhaal bewys dat gewone mense, saam met Jesus, wel op water kan loop.” - STEFAANS COETZEE, SKRYWER VAN ONBESKRYFLIKE GENADE
Vir ons vroue maak drie goed saak. Dit bepaal wat jy sien en voel wanneer jy in die spieël kyk.
Is jy jou pa se Prinses?
Is jou eerste liefde jou ridder op 'n wit perd?
Is jou huwelik in die hemel gemaak?
Vir Petro Kotze-Odendaal word die krieke reeds vroegtydig stil: van donkernag vlug onder die hand van 'n alkoholis-pa en later in die greep van 'n gewelddadige man. Sy en haar vierjarige seuntjie moes vroeg op die stormwaters van die lewe loop.
Is dit moontlik dat een mens soveel hardheid kan beleef en steeds haar geloof behou?
Petro Kotze-Odendaal is 'n radio-omroeper en 'n welbekende pastoor in die Noordwes. Sy ken, preek en skryf uit die hardheid van die lewe, nie om te oordeel nie, maar te motiveer. Omdat sy self uit 'n gebroke en arm huis kom, verstaan sy die seer, kwaad en skande van verslawing en werklose ouers - daarom leef sy haar passie uit onder die vaandel van die NPO, Voeltig Bedieninge, wat sy na die dood van haar eerste man in 2010 gestig het.
Enkel-ma vir 10 jaar, kanker- en depressie oorwinnaar kan ook op haar kerfstok geplaas word.