Gratis aflewering bo R700
Vlam  Sidney Gilroy Fiksie

Vlam Sidney Gilroy Fiksie

R 150 Sale R 320

Speursersant Mthembu se huwelik lê aan skerwe. Nyandi het die kinders gevat en is sak en pak terug Lesotho toe. Terwyl
Parkwegstasie se ace-speurder in 'n gastehuis in Bloemfontein wakker lê en tob oor sy aandeel, brand Xanadu-galery, tuiste van die wêreldberoemde SA kunstenaar Aretha Hattingh, tot op die grond af.
Haar oeuvre 'n hoop as. En in die middel van die ruïne: die oorskotvan 'n vrou, vermoedelik dié van Aretha.
In Parys ontmoet Sollie 'n hand vol verdagtes: 'n kunsagent, 'n prokureur, 'n slagter, 'n bouer en 'n koerier. Voeg hierby 'n venynige
aanneemkind, 'n jaloerse, skatryk eksman, die dorp se sprankelvrou én 'n stasiebevelvoerder wat die septer na haar eie reëls en tyd swaai, en jy het die wenresep vir 'n intrige gevul met hoogdrama.
Is dit moord? Selfdood? Of bloot 'n fratsongeluk?
Sollie geniet reeds groot aftrek onder Afrikaase lesers. En Vlam, die nuwe roman deur Gilroy, beloof om soos sy vorige twee krimi's te boei en te vermaak tot op die laaste bladsy.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.