Veilige hawe Omnibus
R 255
Vonkpos vir die hart
'n Beskermengel vir Marlene
Irma Joubert het duisende lesers met Tussen stasies, Ver wink die Suiderkruis en Verbode drif bekoor. Veilige hawe is 'n heruitgawe van twee van haar gewildste romanses.
In Vonkpos vir die hart probeer Liezl die muur om Pieter Naudé afbreek. Na die moord op sy gesin is dit nie maklik nie. Sy verstaan egter, sy het self haar man verloor. Tog raak sy lief vir hom. Na wie luister sy, haar hart, of haar verstand?
'n Beskermengel vir Marlene is die drie en twintigjarige weduwee, Marlene, se verhaal. Sy's bang en sy vertrou niemand. Tot Adolf opdaag. Haar bang word vertroue. Sy erken dat sy hom liefhet. Baai haar in sy omgee, sy sorg ... Tot die verlede hulle inhaal.
Customer reviews
No reviews yet.