Toe soen jy my
Moenie vriende soen nie, dit lei net tot moeilikheid! Toe Gabriella Tredoux een aand in 'n kuierplek op Mosselbaai vir Eben Joubert soen, verander alles. Die soen was veronderstel om haar te help om van 'n ander klewerige vent ontslae te raak. Eben is mos net 'n pel. Maar toe sy hom soen, terwyl 'n lied oor soenery in die agtergrond speel kan sy nie langer aan hom dink as net 'n pel nie. Miskien is almal tog reg toe hulle gesĂȘ het dat Jody nog lank nie klaar is met haar matchmaking nie. As tandarts op Mosselbaai, is Eben se lewe soos hy daarvan hou - ongekompliseerd. Wat hy van die huwelik weet, het hom vir altyd genees van gedagtes aan vir ewig en altyd, maar toe soen Gabriella hom en dis skielik onmoontlik om aan enigiets anders as aan haar te dink. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequinromanses. Toe soen jy my is Elsa Winckler se jongste romanse in haar Jody-reeks.