Gratis aflewering bo R700
Swartval ( heruitgawe) Martin Steyn

Swartval ( heruitgawe) Martin Steyn

R 330


'n Hele boek uit 'n vrou se perspektief? Is jy nou heeltemal kêns?
Waarskynlik, want ek het onder andere ook 'n week lank valsnaels gedra, my kop geskeer en myself met pepersproei gespuit … (Die pepersproei sal ek vir niemand aanbeveel nie, maar as die vervaardigers van Liquid Bullet my wil aanstel om hulle produk te onderskryf, kontak my deur die koevertjie onderaan die bladsy.)
Swartval is die boek wat my die meeste geraak het. In Donker Spoor en Skuldig het ek saam met die speurders op die toneel gekom nadat die misdaad gepleeg is; in Swartval was ek in die slagoffer se kop terwyl die misdaad gebeur. Die manuskrip is oor 'n baie korter tydperk as gewoonlik geskryf en ek het ou Sepultura en Slayer uit die 90s gaan opdiep en oor en oor daarna geluister om in daardie donker, bykans hopelose gevoel te kom waarin Claire vasgevang is. Dit was 'n intense, afgesonderde, kloustrofobiese skryf, wat ideaal was vir die storie.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.