Sondes van die vaders

Sondes van die vaders

R 270

In Sondes van die vaders is Danny Hector en haar ondersoekspan weer warm op die spoor van 'n nuwe moordverdagte.
Die weeskind Hansie Roodt, wat in die 1980's as tienerseun galgdiens moes doen, het begin om die nasate van diegene wat hom destyds te na gekom het, vir húl sondes te laat boet. Hansie, nou bekend as Gabriël, is 'n reeksmoordenaar met 'n slinkse modus operandi wat aanhou uitdaag en verras, en kreatiewe maniere moet gevind word om hom te vang.
Nes sy voorganger beloof Sondes van die vaders om ook 'n groot gunsteling by lesers te wees - 'n viering van 'n skrywer wat 'n sonderlinge aanvoeling vir karakters, dialoog en bowenal vir stórie gehad het.

Die veelsydige en veelbekroonde François Bloemhof is verantwoordelik vir die afronding van Lerina se manuskrip.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp