Soetgoed vir die Siel Omnibus
Oros vir die siel is die verhaal van 'n vrou wat die gat in haar binneste wil volmaak. Sy probeer die Oros vir haar siel vind, dit wat haar ma altyd ontwyk het. Maar sy soek dit in drank, dwelms, seks en geld.
Custard vir die siel is die verhaal van 'n vrou wie se lewe goed lyk, maar eintlik is dit besig om uitmekaar te val. Sy vergryp haar aan soetgoed en Ingrid se poësie. Haar man neem haar terug na haar geboorteland, waar sy haar pyn in purpose omskep. Nou moet sy leer om haar vryheid te aanvaar.
Tjoklits vir die siel is die verhaal van vier vroue, Suzanne, Christel, Adri en Lisa, wat voorgee dat hulle lewe die ene glitz en glamour is. Maar eintlik is dit vol pyn en drama. Wanneer Suzanne se dogter deur 'n slegte tyd gaan, laat dit hulle besef dat daar groter probleme is as menopouse, spykerhakke en Botox.