Soete sonde

Soete sonde

R 230

'n Versameling woorde oor die verleidelikste ding op aarde: Sjokolade
Die mensdom se emosionele verhouding met sjokolade is legendaries. Van suikersoet tot bittersoet, van donker tot melk - diƩ lekkerny bied ons oor al die eeue heen troos, terapie, hedonisme en loutere plesier. Sjokolade was nog altyd 'n simbool van belofte, versugting, verlange en sensualiteit.
In Soete sonde ondersoek bekende skrywers en nuwe stemme die tekstuur van sjokolade in al sy heerlike vorme - van lewensredder tot moordwapen. Daar's komedie, satire, sensasie, tragedie, die absurde en fantasie. Sommige stories daag jou uit, ander verskuif grense en baie laat jou tot in jou kiewe lekkerkry.
Die samesteller van die bundel is Lizz Meiring, aktrise, vervaardiger, skrywer en selferkende plesiervraat, hedonis en sjokolis. Van die bydraers tot hierdie bundle sluit in: Jak de Priester, Johann Smith, Gielie Hoffmann, Henque Heymans, Lizette Murray, ens.

 

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp