Saliger

Saliger

R 150 Sale R 280

Amalia Abrieu is 'n siniese aanklaer met 'n sterk sin vir geregtigheid. Sy spesialiseer in die vervolging van kinderverkragters. Sy weet die stelsel werk nie soos dit moet nie, maar sy probeer haar bes, al is dit moeilik. Haar beste, en enigste vriend, én minnaar is Hendrik, 'n oud-soldaat wat self as gevolg van dade uit sy verlede 'n draai by die Waarheids- en Versoeningskommissie gemaak het.
Een aand, na nóg 'n dag van wat Amalia beskou as ongeregtighede in die hof, maak sy 'n onbesonne uitlating teenoor Hendrik. Skielik begin die verdagtes wie se sake sy in die hof hanteer, sterf. Amalia is geskok. Is Hendrik 'n moordenaar?
Terselfdertyd tref 'n tragedie 'n geliefde predikant in die klein dorpie. Die pastorie, met die dominee se vrou en kinders binne-in, brand af. Die vrou en kinders oorleef egter die brand en die dorp span saam om die gesin te help. Selfs Amalia gaan uit haar pad om die gesin, en in die besonder die predikant self, ter wille te wees.
Alles is egter nie soos dit op die oog af lyk nie. Dit blyk dat daar sinistere motiewe agter die brand sit, en met verdrag kom Amalia agter dat goed nie noodwendig goed is nie, en sleg nie noodwendig sleg nie, veral nie op klein dorpies nie.
Saliger is 'n roman wat handel oor goeie mense wat slegte dinge doen, en slegte mense wat goeie dinge doen, en hoe maklik dit is om die een met die ander te verwar.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp