Robyn se ongetemde man

Robyn se ongetemde man

R 219

Alles wat 'n meisie maar kan begeer, dit het Robyn. Skoonheid, kreatiwiteit, geld en 'n gesogte beroep. Boonop kan sy binnekort die vrou wees van 'n man wat self skatryk is en met dié huwelik sal haar gesin se sakebelange verder bevorder word. Dis nou te sê as hulle kan ooreenkom oor 'n troudatum, iets waartoe sy haar tot dusver nog nie kon bring nie omdat sy heimlik nie seker is of sy op hom verlief is nie. In hierdie kritieke stadium verskyn Connor asof uit die niet in haar kantoordeur. Hy wil hê sy moet 'n ontmoeting met haar pa vir hom reël. Eers toe Robyn nie daarin slaag nie, besef sy haar pa het al die jare 'n geheim in hom omgedra, iets wat reëlreg bots met die etiek wat hy Robyn en haar susters ingeprent het. Die gevoelens wat Robyn vir Connor begin ontwikkel het, is gewoon 'n onmoontlikheid want hy blyk haar pa se aartsvyand te wees en sy wil ook nie haar pa geruïneer sien nie. Toe gebeur die ondenkbare en haar lewe verander in 'n oogwink in die soort bestaan wat sy haar nooit eens sou kon voorstel nie. Nie dat sy ongelukkig is nie, maar só ...?

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp