Ontembare bruid

Ontembare bruid

R 95 Sale R 220

Vir die pragtige en sprankelende Jacqueline de Péronne is die lewe aan die Kaap 'n lied. Nie eens haar gereëlde huwelik met haar uiters onaantreklike stiefneef, kaptein don Miguel Cortés, 'n groot, vet en onaantreklike slawehandelaar kry haar onder nie. Miguel is vort met sy vrag slawe en Jaqueline hervat haar ongebonde lewe van pret en partytjies. Christoban Hernández, 'n uiters aantreklike reisiger en gas aan haar tante se huis het egter ander idees oor die huwelik. Hoe 'n getroude vrou haar behoort te gedra. Hy onderneem om haar vryhede in te perk. In te staan vir haar man. Maar niemand regeer Jacqueline nie. Allermins 'n vreemdeling. Sy tart hom. Treiter hom. Maak haar rokke se halslyne nog laer. Jaag sy bloeddruk doelbewus op. Keer op keer beland sy in Christoban se arms, maar swig kan sy nie. Sy is en bly 'n getroude vrou. Miguel se terugkeer verander alles. Christoban het 'n ou appeltjie met Miguel te skil. Christoban was 'n roeier op Miguel se galeiskip en dra die letsels oor sy lyf. Miguel moet sterf. Nie eens Jacqueline kan Christoban keer nie. Maar vir wie se lewe moet sy vrees? Haar man s'n of die man wat sy liefhet? Tweede druk 

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp