Moord op Karibib

Moord op Karibib

R 85 Sale R 280

Dit is Nuwejaar. Alet het geen voornemens nie, niks om te vier nie. Sy is op vlug. 'n Vlug wat donkeraand op Karibib in Namibië eindig. Oftewel moedverloor se vlakte. Danksy twee mans bereik haar lewe daardie aand 'n nuwe laagtepunt.
Die een is haar man. Nadese haar eks. As jou geliefde jou afknou dat jy steke nodig het, weet jy dit is tyd om te gaan.
Die ander man is dood. Alet word 'n ooggetuie by 'n ongeluk. 'n Sterwende man fluister sy laaste woorde in haar oor. Die oorsaak van sy dood is egter nie die ongeluk nie, maar 'n messteek in die bors.
Sedert die verlies van haar pa dwaal Alet doelloos en rigtingloos in haar eie lewe rond. Sy het die afgelope ses jaar 'n vreemdeling vir haarself geword. Toe omstandighede haar op Karibib laat vasval, is daar vir haar geen ander keuse nie as om haar probleme in die oë te staar.
Conrad Dorfling, die polisieman in velskoene wat die saak ondersoek, maak hierdie tyd vir haar makliker. En moeiliker. Alet het nie die moed, of selfvertroue om haar weer in 'n verhouding te begewe nie. Veral nie met 'n man wat nog getroud is nie, al is dit net op papier.
Soms is verandering moord. Letterlik.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp