Mamma het 'n breek nodig
Hoe kry jy dit reg om jouself te herlaai en net asem te skep as alles wat moontlik verkeerd kan loop op een slag gebeur?
Ousus het met 'n dik mond uit die bed geklim, die melk is net genoeg vir een koppie koffie, en daar is nog drie ander wat ook moet kry! By die werk laat weet boetie sy taak lĂȘ nog by die huis en hy het dit nou nodig of dis 'n nul vir gisteraand se laat werk. En boonop verstaan jou kollega by die werk nie dat jy eintlik baie besig is nie.
As jy al sulke dae beleef het, weet jy dat daar nie sommer iets is wat dit kan omkeer nie. Die issues raak net groter en jou irritasievlakke skiet deur die dak. Later byt jy almal se koppe af en selfs die hond loop wye draaie om jou. Dan is dit tyd dat jy Susan Coetzer se nuwe boek, Mamma het 'n breek nodig, vir jou koop.
Sy sal jou op haar humoristiese manier vertel dat sy ook sulke dae beleef en hoe jy dit beter kan maak. Of dit nou is met 'n lekker stappie om die blok, 'n glas wyn of om terug te grom vir die probleme. Susan se boek sal jou dag beter maak.
Sit terug en lees lekker