Lyfslim vir seuns pakket
GRETHA WIID, ma van vier, skryf reguit en eerlik omdat tieners asseblief tog net die waarheid wil weet oor moeilike issues soos grootword, seks en die teenoorgestelde geslag. Hierdie pakket is soos 'n persoonlike stap-vir-stap-handleiding vir al die vrae en worries wat seuns van 11 jaar en ouer mag hê. Ook ingesluit is 'n DVD met wenke hoe om die handleiding te gebruik en met jou kind oor hierdie moeilike onderwerpe te práát.
Om 'n seun te wees is nié maklik nie.
Dink jy ook partykeer so? Jy het miskien honderde vrae oor jou lyf en al die goed wat nog met jou gaan gebeur.
Jy's dalk woes opgewonde, maar miskien ook bietjie gestres. En dan het jy dalk ook vrae oor seks en vry - nie omdat jy dit wil doen nie - dis maar net iets waaroor jy wonder!
As jy maar net geweet het waar om die regte antwoorde te kry. Jou maats vertel jou miskien van sekere dinge, maar jy's nie seker of hulle regtig weet waarvan hulle praat nie. En jy sal liewer doodgaan as om vir jou pa-hulle te gaan vra wat die waarheid is.
Jy kan nou maar ontspan! Om 'n seun te wees is nou makliker! Dis presies waaroor hierdie boek gaan - om dinge vir jou makliker te maak.
As jy klaar gelees het, gaan jy alles weet van jou eie lyf en die dinge van jou hart. Jy sal selfs 'n paar goodies geleer het oor girls se lywe en hoe hulle koppe werk.
Jy gaan nie net meer leer nie, jy gaan jouself en jou lyf ook meer waardeer.
Vir ouers is die 10 videotemas van hulp in die aanvoer van gesprekke oor al hierdie dinge, want Lyfslim kinders het seksslim ouers nodig.
Hoe om met jou kind oor seks te praat:
1. Die boek kan jou nie vervang nie
2. Doen eers jou eie huiswerk
3. Voor jy begin praat: Weet jy wat jou kind reeds weet?
4. Op jou merke ... gereed ... práát!
5. Die mites en die mooi van menstrua¬sie vir meisies
6. Maak jou seun 'n magtige man met respek vir menstru¬asie
7. Ken die dinge wat jou seun se hart en lyf raak
8. Die groot onderwerp van pornografie en jou nuuskierige kind
9. Respekteer wat in jou kind se hart gebeur
10. Liefde en vergifnis is 'n gedugte span!