Liefde agter tralies

Liefde agter tralies

R 260

Hoekom raak mense verlief op misdadigers? 
Johann Nel, die Skierlik-moordenaar, gevonnis tot 168 jaar gevangenisstraf, vind liefde. Die jong vrou trou met hom, teen alle raad...
Dit is ver van die enigste geval van so 'n verhouding. 
Van diewe tot geweldsmisdadigers - selfs moordenaars - vind liefde agter die tralies. 
Sulke mense word dikwels as monsters beskou, maar vir diegene wat op hulle verlief raak is hulle 'die liefde van hul lewe' , of word hulle soos familie vir mekaar.
Die topverkoperskrywer Carla van der Spuy gesels met mense wat hierdie onwaarskynlike soort liefde self ervaar het.
Daar is die bruid in boeie, tot sewe jaar gevonnis vir moord; die swendelaar wat sy lewe omgekeer het met die steun van sy nuwe liefde; mense in die tronk wat verstom is om liefde te vind op onverwagte plekke.
Carla gaan klop ook aan by kenners en kyk na wat sulke verhoudings agter tralies dryf .

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp