Labirint Chanette Paul
Toe die skilder Vasti de Leeuw se gewese man haar meenthuis vandaliseer en haar vir die soveelste keer ontspoor, het sy genoeg van sy jare lange treitering gehad. Sy trek terug na Leeuwendrift in die Overberg, waar sy as verworpeling grootgeword het. Maar dan vind daar ’n reeks brutale moorde in die omgewing plaas – en Vasti het oënskynlik vir elkeen ? motief. Die net begin al nouer om haar trek, want elke moord hou op die een of ander manier verband met haar, haar kuns en die mans in haar lewe. Geleidelik word dit duidelik dat Vasti se verlede die sleutel hou om die geheimenisse van die hede te ontsluit – maar dit is die laaste ding wat die moordenaar kan toelaat. ? Spannende roman wat die donker kant van die psige ondersoek, boosheid vind waar dit nie vermoed is nie en goedheid waar dit diep verborge lê.