Kwaaiwater Irna van Zyl
R 330
Die grootste uitdaging van haar loopbaan wag op speuradjudant Storm van der Merwe.
Die kusdorp Hermanus hou vir die eerste keer ooit 'n skrywersfees. Deel van Storm se verpligtinge is om by die gemeenskapsaal kywie te hou voor die laaste Covid regulasies uiteindelik opgehef word..
Maar toe daag Isa du Bois, die sterskrywer van die dorp, nie op vir haar sessie nie.
Haar liggaam word dieselfde oggend nog in Kwaaiwater se Mosselrivier gevind.
Vier en twintig uur later kom 'n visterman af op nóg 'n lyk - weer 'n vrou, dié keer jonk en swart.
En dan is daar 'n derde slagoffer, 'n belangrike kulturele rolspeler op die dorp.
Drie dae, drie vroue. Hoekom drie, hoekom die drie?
Customer reviews
No reviews yet.