Gratis aflewering bo R700
Kanniedood  Irna van Zyl

Kanniedood Irna van Zyl

R 330

Hierdie boek sal binnekort beskikbaar wees en kan solank vooruit bestel woed. 

Speuradjudant Storm van der Merwe en haar kollega Shirien Niemandt is vroegoggend eerste op die toneel, in 'n eenslaapkamerhuis in Zwelihle digby Hermanus. Op die oog af lyk die bejaarde Gerty Jonas se afsterwe na natuurlike oorsake, maar hoekom het Kai nie by sy ma se lyk gewag nie? En hoekom het hy soos mis voor die son verdwyn?

Die lysie raaisels raak al hoe langer. Shirien ignoreer skielik haar oproepe, en kolonel Mier Ritchie kom met die storie vorendag dat Storm oneties opgetree het. Sy word summier tydelik ontslaan.

Storm besluit op 'n kort blaaskans op Jane English se wildsplaas buitekant Barrydale. Maar Jane vertel haar dat 'n sindikaat net die vorige week skaars vetplantjies gestroop het en smeek Storm om te help om die internasionale smokkelnetwerk oop te vlek.

Toe sy instem, verskyn die einste Kai Jonas weer op die toneel.

'n Blitslekker krimi deur die topverkoperskrywer Irna van Zyl, wat afspeel in Hermanus en die Klein-Karoo.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.