Tweede kans op geluk
Hierdie is haar tweede kans om te wys dat sy genoeg is - veral aan haarself! Nanette het pas haar werk verloor en sy weier om 'n sent van haar man se familie te aanvaar. Sy was drie jaar gelede nie genoeg vir die De Langes nie, en veral nie vir Barry de Lange nie. Maar haar seuns se oupa het pas 'n hartaanval gehad en hulle wil graag hê die seuns moet op die familieplaas, Geluk, kom kuier. Sy sal dit doen vir haar seuns, maar sy gaan nie weer gedwee en geduldig wees indien hulle haar soos 'n indringer laat voel nie. Wie sy is, het bestaansreg. Maar dinge is nie hoe sy dit onthou nie. Haar seer en swaarkry is eg, maar is dit dalk net een kant van die storie? Sy leer haar skoonouers ken, en haar swaer Barry ... Ontstig, ontdek sy dat ʼn man wat sy al die jare maklik kon afmaak as ongevoelig, is iemand wat weet wat die liefde is en hoe diep dit kan reik. 'n Tweede kans op Geluk is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks. Romanza kan vergelyk word met Mills & Boon en Harlequin. Dit is ook die baie gewilde Sophia Kapp se tweede Romanza.