Hans hou bruilof Rudie van Rensburg, Hans reeks Fiksie - Romans
Wanneer die bejaarde maar onstuitbare Hans besluit om te trou, laat sy aanstaande bruid se ryk familie die troureëlings oor aan 'n befaamde troubeplanner, Alexander Fokkens, wat na homself as 'n builofargitek verwys.
Die swier en omvang van die troue staan Hans egter nie aan nie. Hy is bang dit ontaard in 'n spektakel. En gou besef Fokkens dat Hans van Kraaienburg hom nie laat hiet en gebied nie. Sy kliënt se koppigheid laat die bruilofargitek verskeie geestesinploffings beleef.
Hans se lewe word bemoeilik toe Abraham, sy verloofde se jongste broer, ná 'n leeftyd in Pollsmoor op sy drumpel verskyn. En toe vriend Vasie boonop ondeurdagte planne beraam om geld te maak uit die inwoners van Huis Madeliefie se brandende behoefte om na dié majetueuse geleentheid uitgenooi te word, begin die laaste voerings van die troureëlings los te torring.
Hans voel aan sy broek se pype dat die bruilof op 'n ramp afstuur.