Grom - Prenteboek

Grom - Prenteboek

R 140

Party oggende voel Emma brommerig en grommerig.
Sy is nie lus om op te staan nie.
Sy is nie lus vir pap nie.
Sy is nie lus om met haar boetie te speel nie.
Een oggend toe Emma in die spieël kyk, sien sy iets baie vreemds.
Sy het snorbaarde, haar hele lyf is vol kolle ...
Haar neus wikkel en wriemel,
haar vel kriewel en kielie,
haar oë blits en haar tande flits in die spieël ...
En Emma verander in 'n LUIPERD!
Kort voor lank moet almal uit haar pad bly.
Ouma dink die luiperd hoort in die dieretuin, maar Emma se boetie het 'n slim plan...
Elke kleuter (en Ma en Pa!) sal identifiseer met hierdie prettige prenteboek oor daardie brommerige, grommerige oggende wanneer almal jou eerder met rus moet laat!

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp