Gratis aflewering bo R700
Groete uit Skotland  Sunet du Plessis

Groete uit Skotland Sunet du Plessis

R 330

Frances vlug van 'n hartseer verlede weg na 'n koue Skotland toe. Hier, waar haar ma se mense vandaan kom, wil sy graag 'n nuwe lewe begin en vergeet van wat gebeur het.

Daar aangekom, laat weet sy haar ouma Martie, wat op 'n plaas naby Hazyview woon. Sy begin werk as 'n onderwyseres by 'n plaaslike skool en loseer by gawe Skotte, maar selfs die pragtige landskap en mense is nie altyd genoeg om haar siel te salf nie.

In Suid-Afrika vind Martie dit moeilik om alles alleen te behartig. Dit is nie maklik om 'n weduwee op 'n plaas te wees en haar kleinkinders groot te moes maak nie, al doen sy dit met baie liefde en geloof. Toe Frances se broer, Deon, gewerf word deur 'n skool in Pretoria, voel sy egter heeltemal alleen.

Na 'n plaasaanval besef Martie dat sy 'n plaasbestuurder sal moet aanstel, en só betree Dillon Geduld haar wêreld.

Gerbrand is 'n Suid-Afrikaanse predikant in Skotland en worstel met sy eie gebrokenheid en pyn terwyl hy ander moet bystaan. Sy troos is die Skotse landskap, die Woord, sy bediening en sy ouers se ondersteuning. Een Sondag sien hy vir Frances raak ...

By die kerk ontmoet Frances 'n landheer en word na sy herehuis genooi. Daar besef sy, sonder dat hulle dit weet, dat die MacIntyres bloedfamilie is ...

Groete uit Skotland is 'n verhaal van intrige, familiebande en verrassings. Gebroke mense vind hoop en bemoediging by mekaar terwyl hulle worstel deur hul eie verliese, verhoudings en teleurstellings. Soms draai dinge nie uit soos jy verwag nie …

Share on

Customer reviews

No reviews yet.