Gekoopte leuens

Gekoopte leuens

R 280

Die 2de boek in die LEUENS reeks deur Roux-De Jager.
Kalli Krynauw se werk as forensiese psigofisioloog behels dat sy moet vasstel of 'n getuie die waarheid vertel of nie. In Gekoopte leuens bevind sy haar op 'n luukse-oord in die beboste klowe van die drakensberge in Mpumalanga naby Peligrimsrus. Na 'n spoggerige onthaal word sy die volgende oggend wakker, steeds bedwelm van die vorige aand. Dis duidelik dat haar drank gedokter was, daar is bloed aan haar aandrok en sy vind uit dat haar suster, Madelein, verdwyn het. Madelein is 'n bekende model en die 'gesig' van Papillon, die skoonheidsreeks wat in die laboratorium op die terrein van die oord vervaardig word. 

Kalli is onder verdenking dat sy iets te doen het met Madelein se verdwyning en word in hegtenis geneem, maar onder toesig van die SIS, Special Intelligence Services, word sy toegelaat om na die oord terug te keer. 

De Waal Brink, 'n wetenskaplike wat navorsing doen om 'n alternatiewe brandstof te vind, daag ook by die oord op. In Donker leuens het hy en Kalli mekaar intiem leer ken, maar hy moes egter terug Amerika toe. Steeds kwaad vir Brink dat hy nie eintlik van hom laat hoor het nie, ontdek hulle twee lyke in 'n afgeleë stroompie op die terrein en sy help om die skuldiges vas te trek. In die proses kom sy agter dat daar eintlik dwelms in die laboratorium vervaardig word en sy moet vlug vir haar lewe. 

Intussen word Madelein op die Dubai-lughawe opgemerk en Joe Willemse, ondersoekbeampte van SIS, vertrek na die Verenigde Arabiese Emirate om haar te gaan soek. 

'n Nigeriese kartelbaas, Bololo, 'n man wat Kalli en Madelein se pad in Donker leuens gekruis het, word in hegtenis geneem in verband met die dwelms op Umvenvane. Die skuldiges vir die ontvoering van Madelein en die moord op die twee wetenskaplikes wat in die bos gevind is, ry ook aan die pen.
 

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp