Drie moorde in die Baai Madelein Rust
R 330
Bianca Fabricious, hygromanskrywer en nuwe eienaar van die Strandlopergastehuis gastehuis op St. Helenabaai, het skaars haar voete gevind of die uitsig voor haar kamervenster verander in 'n misdaadtoneel. Om alles te kroon is die slagoffer 'n blondine met wie Bianca onlangs haaks was oor diƩ se kaalbas- sonbaaiery voor al die hotelgaste.
Dis duidelik dat die gawe speur adjudant Meintjies haar glo wanneer Bianca verduidelik sy het bloot die liggaam ontdek, maar kaptein De Wee is 'n perd van 'n ander kleur. Hy mag dalk soos Barbie se Ken lyk, maar op die beste van dae is hy 'n stompsinnige wetter.
Bianca probeer haarself as verdagte uitskakel en die regte boosdoener aan die kaak stel, maar dit veroorsaak 'n hele reeks onvoorsiene gebeure ...
Customer reviews
No reviews yet.