Dooiegety

Dooiegety

R 230

Selfs die onskuldiges het iets om weg te steek Die liggaam van 'n geliefde inwoner van ʼn vreedsame kusdorpie word in ʼn rotspoel op die strand gekry. Haar vriendin Daleen, ʼn professionele fotograaf, besef dis nie ʼn normale verdrinking nie, want Nerina het gely aan hidrofobie. Daleen ontdek in haar soektog na motiewe dat alles in die dorp nie so onskuldig is soos dit wil voorkom nie. ʼn Vreemdeling in die dorp wat die polisie se ondersoekspan help, lyk vir haar na die waarskynlikste skuldige. Reeds ongemaklik oor ʼn forensiese span se besoek aan die dorp ná die wenk van ʼn siener, is sy boonop toenemend bekommerd oor haar tienerdogter Dalri se veiligheid. Raaiselagtige kodewoorde in tienergesprekke wat sy tydens haar fotosessie by die skool se winterbal raakhoor, versterk haar kommer oor ʼn partytjie waarheen Dalri genooi is. ʼn Kriptiese waarskuwing wat sy ontvang, verklap die skuldige se ongemak met haar stokperdjie: tydverloopfotografie van die naghemel. Dit impliseer dat sy dalk nader is aan antwoorde as wat sy besef. Wat die antwoorde is, bly egter vir haar duister. Almal lyk naderhand verdag, selfs die outistiese tienerseun oor wie Nerina haar ontferm het. ʼn Naelskraap noodlottige ongeluk en Dalene se dogter se verdwyning verraai ʼn moontlike verband met die vroeëre verdwyning van tienermeisies. Dooiegety is Smith se 27ste boek. Die drie spanningsromans wat dit voorafgegaan het, is Skrikkelmaan, Bloedspoor en Kringloop. Elke boek is alleenstaande en nie deel van 'n reeks nie.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp