Die oorkant Annemarié van Niekerk
R 320 Sale
R 350
Twintig jaar gelede moes Ada Bloukoeniekraal, haar geboortegrond, noodgedwonge verlaat. Nou keer sy terug na die geheime van haar kinderjare wat aan die oewers van die getyrivier lê.
Sy bly by haar vriendin Mel, 'n omgewingsnavorser wat, met die hulp van afstammelinge van die Khoekhoen, die streek se ryk maar brose ekosisteem karteer.
Deur haar skryfwerk probeer Ada die skimme van die verlede tem. Maar hoe word jy vry van 'n verlede wat steeds hier rondspook? En hoe herstel jy 'n ou vriendskap, noudat die skeidslyne van apartheid vervaag het, maar daar steeds soveel ongesêde dinge is?
In sidderende tonele word die verlede laag vir laag blootgelê. Is die troos van die rivier en die grond waarmee Ada so onlosmaaklik verbind voel genoeg?
Customer reviews
No reviews yet.