Die naamlose
R 269
Carli Botha is amper sewe jaar oud toe haar Italiaansgebore moeder, Bella, sterf tydens die geboorte van haar wanskape, breinlose [anensefaliese] boetie. ("Dis 'n katkoppie, Baas', het Carli vir Lena, die jarelange huishulp in Grootvlei se plaashuis, by die kraambed hoor sĂȘ.)
Sy word agtergelaat in die sorg van haar dranksugtige pa, Wilhelm Botha, wat haar treiter. Dora, wat ook soms in die plaashuis help, kom bedags tot Carli se redding. Sy was 'n sterk vrou en sy het 'n swaard gehad om oor die baas van Grootvlei se kop te hou. Sy het die plaas se geheime geken reg van oupa Maans se tyd af, en sy sou praat, dit het Wilhelm Botha geweet...
Customer reviews
No reviews yet.