Die Groot Storieboek Avontuur Kristien Potgieter
Fiksie kinders 10-12
Talia spandeer elke pouse in die skoolbiblioteek om vir die boelies weg te kruip, tot die nare nuwe biblioteekjuffrou haar skuilplek in 'n nagmerrie verander.
Saam met Mario, nog 'n buitestander, maak sy 'n geheime biblioteek in 'n ou skuur en bied 'n toevlug vir al die kinders wat voel asof hulle nĂªrens hoort nie. Maar gaan juffrou Grizzle hulle skuilplek kry, of gaan sy 'n geheim van haar eie ontbloot?
Die Groot Storieboek Avontuur is vir elke kind wat al soos 'n buitestander gevoel het, maar 'n tuiste gekry het tussen die blaaie van 'n boek.
Die boek is ryk in diversiteit en bevat karakters met neurodiversiteit, verskillende rasse en orientasies. Die boek word ook gemaak met verskeie leesbaarheidstegnieke, soos disleksie-vriendelike lettertipes en papier, groot spasies en meer.