Gratis aflewering bo R700
Brief op veertigduisend voet  Tom Dreyer

Brief op veertigduisend voet Tom Dreyer

R 240

Fiksie. Poësie 

Soos die verwysing na perspektief in sy digbundeltitel, Brief op veertigduisend voet, aandui, laat Dreyer die leser nuut en in verwondering na objekte en verskynsels kyk.

Lig, wat sig moontlik maak, word metafories ingespan vir die menslike belewening van die verbygaan van tyd. Verlatenheid, ooptes en ongekarteerde gebiede word metafore vir die onsekerheid en prekêre avontuur van die post-postmoderne mens.

Die bundel sluit natuur- en bewaringsgedigte in, asook reisgedigte verweef met geskiedenis, wat die mens se interaksie met sy omgewing belig.

Spanning tussen die antieke en die moderne word geskep met die insluiting van gedigte oor tegnologiese en wetenskaplike innovasie, asook wetenskapsfiksie - reeds deur die titel gesuggereer. En menslike verhoudinge - deur die “brief” van die titel geaktiveer - word in roerende dog onsentimentele liefdesgedigte verbeeld.

Brief op veertigduisend voet is opwindend en verbeeldingryk, terwyl dit ook die beste aspekte van die poëtiese tradisie bevat.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.