Gratis aflewering bo R700
Blomme vir Berdine. Helena Hugo

Blomme vir Berdine. Helena Hugo

R 260

Boek 3
Berdine se Karoo is asvaal. Die wind waai stofwolke los wat soos reen teen die ruite tik. Dis hoogsomer, plaasdamme en waterpanne is aan die opdroog en die boere berei hulle voor op nog 'n droe seisoen met min hoop op reen in die lente.

Te midde van die mismoedigheid, veg 'n begeesterde groepie onder leiding van Berdine en Melanie Botes vir die herstel van die dorp en gemeenskap. Die skuiling open amptelik, die kerkskool kort onderwysers, Huis Herfsblare soek 'n dokter en die kinders van Blikkiesdorp moet versorg word. Berdine neem hulle gereeld Kraankuil toe vir uitstappies in die veld.

Dis waar Dieter Daneel ook betrokke raak en hulle mekaar beter leer ken. Sy hou van Dieter, hoewel hy volgens haar ma 'n donker verlede het. Na drie jaar weet die dorpsbewoners ook nog maar bitter min van hom. Tog is Dieter as veearts gewild onder die boere, bedrywig by die kerk en betrokke by die mense en diere van Blikkiesdorp.

Moet Berdine blom waar sy geplant is of liewer maak dat sy wegkom? Maar wat dan van Kraankuil en Melanie en Kobussie en almal wat op haar reken? Is dit die Here se wil dat sy haar beloftes nakom, al is dit ook hoe moeilik?

Blomme vir Berdine is die meesterlike afsluiting van die Berdine-reeks. Dit volg op Die lewe wat ek jou gegee het en Die skuiling.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.