Gratis aflewering bo R700
Bloedsomer Sidney Gilroy

Bloedsomer Sidney Gilroy

R 300


Wat het Die Clowns, 'n Russiese skeepskaptein en die matriarg van die vooraanstaande Heemstra-familie se testament gemeen?

Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, is haar rang kwyt en oorgeplaas Mooibaai toe. Die bedompige klimaat voel soos 'n tronksel en sy mis die ooptes van die Vrystaat en, daarmee saam, bekostigbare blyplek. Speursersant JP Hendriks, aan wie sy deesdae rapporteer, toon boonop nie 'n greintjie simpatie nie.

Een Vrydagoggend in Desember vang 'n vakansieganger met sy hommeltuig se kamera 'n afgryslike toneel vas. Tussen die voetstukke van 'n geroeste windpomp in 'n afgeleë stuk veld lê 'n bebloede bondeltjie mens. Minder as 24 uur later word 'n foto van nóg 'n slagoffer in 'n stegie van die onderdorp soos 'n veldbrand op sosiale media versprei.

Petunia en JP bevind hulself oornag as die hoofondersoekers in 'n duistere moordsaak. En die enigste leidraad is 'n albaster wat in die eerste slagoffer se hand vasgeklem was.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.