Gratis aflewering bo R700
Bloedbande  Jeanette Stals

Bloedbande Jeanette Stals

R 290 Sale R 320


Elke huis het sy kruis.
Speurder-sersant Luna Joubert van die Stellenbosch polisiediens word gestuur om die eienaardige dubbele moord op die eienaar van 'n kwekery en sy vrou te ondersoek. Die De Winters is beide met 'n skerp voorwerp aangeval, maar daar was geen teken van 'n struweling of enige getuies om sin te maak van die voorval nie. Terwyl Luna sukkel om 'n moord sonder verdagtes of leidrade op te los, maak Mike Grant weer sy verskyning. Hierdie keer is hy op 'n geheime sending onder die geledere van 'n plaaslike dwelmsindikaat, maar ten spyte van sy nuwe voorkoms vind Luna dit steeds onmoontlik om nie vir hom die deur oop te maak nie. Soos Mike homself dieper in die onderwêreld inwerk, begin Luna op tone trap om haar eie raaisel op te los. Was die De Winters wie almal dink hulle was? Weet die kinders dalk meer as wat hulle voorgee? Wat gaan by die studentehuis oorkant die straat aan? En wie is die man in die sportmotor wat so op die buitewyke van haar ondersoek beweeg? Om antwoorde te kry moet Luna lig werp op donker plekke waar slegs monsters waak.

Hierdie is die vierde en laaste boek in die Luna Joubert-reeks, en volg op Katoog (2016), Vermis (2017) en Dag drie (2018). Die verhaal neem verskeie onverwagte draaie en bou spanning op deur Luna en Mike se onderskeie sake te vervleg.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.