Afrikaans EAT 3 in 1 Graad 12 Die Antwoord Reeks
Hierdie 3 in 1 studiegids is in ooreenstemming met die kurrikulum soos in die KABV vervat en die nuutste Eksamenriglyne opgestel. Dit dek die volgende 4 vaardighede:
Luister en Praat
Lees en Kyk
Skryf en Aanbied
Taalstrukture en -konvensies
Dit bied die volgende:
Breedvoerige Notas oor elk van die 4 vaardighede
Vrae en Antwoorde (Toets Jou Kennis) oor elk van die 4 vaardighede
5 Eksamenvraestelle en -memo's (Taal
Interessante, aktuele en inspirerende voorbeeldtekste word deurgaans voorsien om meer spesifieke vaardighede te ontwikkel. Die logiese uitleg en voorbeelde help met begrip en toeganklikheid van die kurrikuluminhoud.
Die Vrae en Antwoorde (Toets Jou Kennis), sowel as die 5 Eksamenvraestelle en -memo's, bied 'n gestruktureerde oorsig en vaslegging vir doeltreffende eksamenvoorbereiding.
Hierdie studiegids sal leerders in staat stel om Afrikaans EAT met selfvertroue te bemeester.