Gratis aflewering bo R700
20 Hekeltegnieke  Christa Swanepoel Nie-fiksie

20 Hekeltegnieke Christa Swanepoel Nie-fiksie

R 110 Sale R 250

20 HEKELTEGNIEKE met kreatiewe projekte en moderne patrone bevat verskillende tegnieke en idees waarvoor hekelwerk gebruik kan word. Elke tegniek word vergesel deur een of meer patrone om die spesifieke tegniek op 'n moderne manier uit te beeld. Die skrywer verskaf basiese hekeltegnieke vir die beginner, asook meer gevorderde tegnieke vir diegene wat reeds ervare met hekelwerk is. Hekeltegnieke en patrone word volledig verduidelik met stappe, diagramme en foto's; benodighede en nuttige wenke word ook verskaf. 20 HEKELTEGNIEKE is geskryf om jou kreatiwiteit vrye teuels te gee.
INHOUD
Inleiding, Vingerhekel, Loodglashekel, Tunisiese hekel, Tapisseriehekel, Haarnaaldhekel, Filethekel,Tunisiese entrelac-hekel, Touhekel, Hoek-tot-hoek-hekel, Kronkelhekel, T-hemphekel, Hekelhaak,Tartanhekel, Bavariese hekel, Besemstokhekel, Draadhekel, Mosaïekhekel, Intarsiahekel,Amigurumi, Hekel met krale

 


 

Share on

Customer reviews

No reviews yet.