101 Nagmerries

101 Nagmerries

R 270

Kom ontmoet die monsters onder jou bed ... Spoke. Vampiere. Weerwolwe. Monsters. Wesens uit die buitenste ruimte. Hierdie briljante bibber boek bevat 101 stories, rympies en strokiesverhale wat jou hare sal laat regop staan, jou yskoue rillings sal gee - en jou tone sal laat omkrul van lekkerkry! Jaco Jacobs ontvang 'n brief van 'n aanhanger wat hom uitnooi om verniet sy hut in die woud as skryfplek te gebruik. Dit klink ideaal! Maar daar is 'n vangplek … Die aanhanger is die Vrees vreter: 'n vreesaanjaende monster wat vir die arme Jaco Jacobs dwing om gril stories te skryf om kinders bang te maak. En so begin Jaco skryf: 101 nagmerriestories - die een grilleriger as die ander! Jaco Jacobs se grillerige stories word lewend gemaak deur die pragtige illustrasies van die kunstenaar, Imile Wepener. 296 bladsye van stories en kunswerke maak hierdie hardeband boek 'n ware versamelstuk vir enige kind of Jaco Jacobs aanhanger. Die pragtige hardeband omslag en kunstige illustrasies maak hierdie boek inderdaad 'n versamelstuk. Hierdie stories is grilleriger as Jacobs se vorige boeke, wat dit ideaal maak vir ouer lesers. Imile Wepener is 'n kunstenaar van formaat, en hierdie boek bevat sy eerste illustrasies vir 'n kinderboek.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp